Saturday, July 26, 2008

Pappa Japie se present

Ons het vir Pappa Japie 'n Haelgeweer vir sy verjaarsdag gekoop. Woensdag toe hy verjaar het die meisiekinders hom gehelp om die groot present oop te maak.

Hy is baie trots op sy nuwe geweer.

Odélia sê hy kan skiet net wat hy wil, hase, varke, bokke enige iets. Maar die meisiekinders word so gou groot, ek dink pappa Japie gaan dalk een van die jare ietsie anders wil skiet met die geweer......passop boyfriends...!


No comments: