Saturday, January 31, 2009

Happy happy!

Hi Boetie! Happy happy birthday! Ek hoop almal spoil jou vandag. Mis jou and love you lots!

Friday, January 23, 2009

Lekker ou see!

Ons was dié week bietjie weg met die kinders. Ons het eers gedink om hulle na die Waitomo Caves toe te vat. Daarvandaan is ons Raglan toe. Raglan is aan die weskus van die Noord eiland, en is net so 140 km van ons huis af. Dit is nogal 'n lekker vakansie dorpie. Voel baie soos Hiberdene het Japie gesê.

Ons eerste middag in Raglan het ons blyplek gesoek en daarna die kinders bietjie na die lagoon toe gevat on tog net die sand bietjie te voel!

Odélia het hierdie kiekie van my en Japie geneem. Sy is nogal oulik met die kamera.

Odélia het natuurlik eerste begin skulpies optel.

Joanné.

Annika hardloop om haar "sheeshells" in pappa se sak te sit.

Die klompie het dit tot gewaag om bietjie voete nat te maak!


Die volgende dag was dit maar bewolk en winderig. Maar ons is maar nog steeds strand toe. Kyk hoe swart is die sand aan die weskus.


Dit was Joanné en Annika se eerste regtige see ervaring. Die klomp het dit baie geniet.

Sandkastele bou!


Joanné sê dis lekke by die see!

Monday, January 19, 2009

Lan en Jaapsie se Anniversiti

Baie baie geluk julle twee. Nou is dit vasbyt nog net een jaar
dans dit 'n hele sak vol sout. Mamma wens vir julle net voor-
spoed en baie liefde toe. Hoop julle het mekaar lekker bederf.
Ons email was vir twee dae af. Ek weet eks effe laat, maar
ek het erg aan julle gedink. Liefde Mamma

Friday, January 16, 2009

Mevrou, mevrou...

En wie loer hier om die draai? Dis mevrou Joanné.
Kompleet met hoëhak skoene en al.


Mervou Joanné en haar baba in die waentjie. Dit is haar Kers persentjie van ouma Gerda en oupa Donna gewees.

Thursday, January 15, 2009

Prima Ballerinas..!!

Odélia, Annika en Joanné wil al so lank al ballerina rokkies hê. Ek het toe nou die dag dié rokkies op 'n sale raak geloop en vanoggend moes ons nou die rokkies aantrek.


Die Drie musketiers.


Joanné "strike a pose".


Annika Kalahari kat Nortjé.



En die Kieriebeen.



Dié een foto van Odélia het my vreeslik laat dink aan 'n foto van my toe ek klein was. Toe gaan grou ek bietjie, Die foto is al 'n bietjie verweer, maar daar is darem ietsie van haar mamma in haar.



Monday, January 12, 2009

Hierdie is die voorkant van die cottage. Haar kamer venster is regs, dan haar buitedeur,
die sitkamervenster en dan (nie in foto) weer die kombuis se venster (lyk nes die kamer sin)
Sy kan nou lekker 'n tuinstelletjie buite sit en so skuins 3meter links is die swembad.

Oupa Deon stel die TV


Die Tv kom uit sus se kamer, die kassie was ouma hulle se ou platekassie en die kis het
tannie Jane vir haar gegee (jare gelede al)

Die woonstel Konbuisie


Ons het vir die kombuisie 'n ou kas (dis nou die een langs die mikrogolf) uit die grage op
gediep. Ek onthou die kas dink ek was ook nog in Wierda Park se huisie. Die ander kassie
met die ketel en bekertjies op was in Marijon se badkamer. Kyk hoe mooi pas al die pienk
goete

Sus se woonstel

Hierdie is Marijon se kamer by die nuwe woonstel. Kyk net hoe oulik was sy met haar
eie idee van 'n kopstuk. Ons het sommer die ou staal ceilings gebruik. Dit lyk oulik ne?
Die kassies was eers bruin toe het sy en haar niggie Muguette dit so geverf en afgeskuur.

Die ou spieeltafel het ons by tannie Delia gekry. OOk afgeskuur en weer ou nuut gemaak.
Wys jou net wat kan mens van ou goete maak

Thursday, January 8, 2009

Kyk Odelia Meka is nou soooo groot. Sy wil net swem en swem, maar sy soek 'n maatjie.

Mekka die duiker

Kyk net hoe duik Meka. Sy luuuuf die water. Ma sy is te vinnig, ek vang ha net net
te laat elke keer. Die foto is spesiaal vir Odelia. Sy moet asb saam Meka kom swem.

Sus en Francis swem

Dit is op die oomblik elke dag ongelooflik warm by ons, ons kry darem ook reen, ma dit
is nie genoeg vir die boere nie. KYk net hoe mooi lyk die water ( 32 grade) Mekkie
het ook saam geswem.

Nog foto's van die trek

Ons het nog nie klaar uitgepak nie. Die groot Spieel moet nog op en ons het hierna nog
ander prente ook opgesit. Ma kyk net hoe mooi lyk die flatjie se sitkamertjie.

Die Groot Trek

Man en toe begin ons pak. Die trailer was ampertjies te klein. Sus en Francis het
ook vir Andries gehelp pak. Die ander dooste en klere (nog net die winters) is in haar
karretjie.

Sunday, January 4, 2009

Die meermin

Check Délia se nuwe mermaid outfit! Carol se ma, ouma Nellie, wat nog hier by haar kuier, het ook dié dress-up gemaak. Sy was baie in haar noppies.






My nuwe bag.
.