Friday, May 28, 2010

Canopy Tour

Ek en Tannie Chrets het gaan canopy tour in Magoebaskloof. Ons het oor die Letaba rivier
gefoefie . Dit was nogal erg pret. Daar is dertien platforms en jy gly so zig-zag oor die rivier.
die langste gly is so 150 meter lank. Wat wou die twee ou oumas.

Ek en oupa Donna by die troue. Kan julle glo oupa het 'n Hoeranja hemp aangehad.

Machael de Santos se troue


Die twee jongste tannies by die troue. Die troue was groen en wit en vrieken mooi. Diue venue
was by Anderland. Ag jiggie ma was dit mooi. Buite het dit gelyk soos by ek dink HarryPotter

Saturday, May 8, 2010

My moedersdag

Die kaartjie. (Die hondjie se koppie wiggle...)

Die slippers! (Daar was ook 'n nuwe haardroër)

Die breakfast.


Die kokke.

Moedersdag cupcakes word versier.

Die cupcakes.


Julle het my dag sommer ekstra spesiaal gemaak! Baie dankie my man. Dankie my prinsesse! Ek is sommer baie lief vir julle!

Vir al die Moeders

Vader, skenk aan hierdie spesiale vrou die krag om ALLES te kan vermag wat hierdie week verwag word van haar...Leer haar om net 'n bietjie vir haarself te lag en aan te hou om haar glimlag met ander te deel. Maak haar ELKE sekonde bewus van die Skepping se prag en laat haar NOOIT twyfel aan U mag en haar YOU-niqueness nie!!! Ek bid dit in die Naam van my Vriend en Verlosser, U Seun, Jesus. Amen.xxxx
Vandag wens ek my Moeder, Ouma, Tannies, Vriendinne en elke ander ma wat ons blog lees 'n vreugdevolle en vredevolle Moedersdag toe! Mag julle mense vandag waarlik julle waarde besef en wéét: " 'n Ma is werklik 'n engel van Bo!" Hope bederf en liefde vir julle vandag, en elke dag.