Friday, October 31, 2008

Speel by die playcentre

Joanné begin regtig nou die spelery by die playcentre geniet. Sy kan nou amper alles doen wat die groter kiders kan doen. deesdae hou sy erg baie van die swaai.



Daar is so "vodde" ou boot wat in die een hoek van die speelgrond staan. Dit is snaaks hoe die kinders dié boot like.






Annika en maaitjie Mialee speel "prinssases in the tollest tower".


Annika roep my toe nader na haar tower en sê:'Look mommy, I found a shee shell!" Die shee shell was toe al die tyd 'n gebreekte plastiek lepel se kop.

Odélia, maaitjies Carmen, Mike en Mialee, en Ankia ry almal saam oppie "wheel onna bus go round n round".

Saturday, October 25, 2008

Die gesoute bul ryers

By die fees was daar 'n bul - wille bul, almal het natuurlik hulle skills getry. Hierdie is
Gareth en Dylan. Mamma het darem nie gery nie ( was bang nuwe tieties pop) Ha ha..

Die Duitse Bier fees

Van Potch af het mamma en oom D, Dylan en Chireez en van hulle pelle na die Duitse
bierfees gegaan. Hierdie fees word jaarliks gehou deur Mponeng myn vir fondse wat
hulle insamel vir welsyn. Kyk net hoe lekker het ons gekuier. Die doppie oppie neus
is die doppie van die shooter (the bug) Ag dit was rerig te lekker. Ek wens julle kon
ook da wees.

Dylan en Chireez

Dylan en Chireez ( ek wetie hoe spel jy ha naam nie) het spesiaal van Roodepoort gekom
met ha kar sodat Arri,warrie moetie worri self na die afskeid en uitklim parade kan ry.
Chireez in nogal baie oulik. Haar pa is oom Dienkie se boetie. Baie afrikaans. Sy is rerig van al sy girls die een wat weet van duuur smaak, Koop skilderye en matte ens.

Fotos in die tuin

Die fotograaf was dieselfde vrou wat die foto's van ons en klein Odelia geneem het
toe sy hier was. ek sal nog foto's stuur sodra ek haar fotos kry. Hierdie is sommer
wat ek geneem het.

Die Groooot Dag

Uiteindelik het die groot dag aangebreek. Ons het eers die hare gedoen, Blommie
was rerig te oulik. Sy het Marijon se eie hare met die ghd gekrul, en toe die haarstuk
onder haar hare in gesit. Die kleur van die haarstuk en sus se hare was op 'n druppel
dieselfde. Dit het rerig baie mooi gelyk. en toe is ons na Tannie Ina (die sussie van Peer
Kevin se pel wat saam jou in matriek was) sy het marijon presies volgens die prentjie
gemake up.

Thursday, October 23, 2008

Die oggend voor die matriekafskeid

Die oggend voor die groot dag. My sussie van Niew Zealand het my gebel om my sterkte
toe te wens. Dit was sommer baaaaaie lekker. Sy kan my ma net lekker laat ontspan en lekker lag. Wag ma lekker is spannig vir die anner foto's van die beauty queen.

Nog pelle by die kerk


Man is ons nou bly of wat. Mamma het natuurlik glad nie 'n traantjie weg gepik nie.

Die laaste skooldag

Hierdie was die laaste dag. Marijon hulle het eers vroeg die oggend 'n diens by die kerk
naby hulle skool gehad. Al almal se ouers moes ook da wees. Die diens was nogal erg
besonders. Gepraat oor Vryheid en dan spesifiek wat jy met jou vryheid gaan doen. Hier van links af is Arrie,Warrie moenie Worry, dan Christeen, Ruve, Sus, Erma en Fransis. Die laaste
vier is mos nou eintlik die groot vier "Muskitiers" Hulle is van std 6 af saam. Net ou Kalintjie
is missing.

Die laaste projek

Glo dit as jy wil, maar op die laaaaaaste sondag aand 8 uur moes ons die laaste projek
vir die ontwerpkuns begin. Sus ek sou tog die toegelaat het. Jy weet mos ek laat julle
altyd jul eie projekte doen, wat staan nog help of doen en dit op 'n sondagaand. Maar nou Ja
so word 'n mamma mos ma later met die ouderdomme. Ma dit lyk nogal mooi ne? Sus
moes iets vir die onderwerp Ons Erfnis doen. Toe bou ons ma die landsvlag met loodglas.

Die Matriek Afskeid

Goed Hi begin ons. Eers moet die hare gekleur word om presies by die nuwe Jessica
Simpson haarstuk te pas. Ou Blommie is nog lekker plomp na haar baby.

Wednesday, October 15, 2008

Idees vir fotorame


Hier is 'n foto van die drie rame wat los is van mekaar. dan sit hulle die rame alles op
dat dit lyk soos een. Mamma weet dit is duur, maar dit lyk altyd net so veel mooier. Ek sal help betaal. Kyk nou na die eindproduk

Die werkies by Gastehuis



Ag Sus man ek is lekker vaak. sorrie vir die fotos wat ek verkeerd gestuur het. Ek was so
demmmoooo met die rekenaar. Mar lyk my hy is nou reg. Nou stuur ek weer. Kyk net hoe mooi lyk die paving. En Ouma en Oupa sit oppie stoep

Oumi en Oupi oppie fietse


Ma kyk die twee wafferse motorfiets ryers. Oupa Deon stiek vir ouma brekfis by die Paris in de freestate. Ons wens so Odelia was hier. Sy hou so daarvan om saam met oupa Deon te ry.

Monday, October 6, 2008

Die Nuwe Kidergarten

Ek en Japie het dit goed gedink om Odélia en Annika te skuif van die Kindergarten in Taupo, na 'n nuwe Kindy in Tokoroa. Tokoroa is nader aan ons en daar is mammas in die omgewing wie se kinders ook hierheen gaan, en dan kan ons beurte maak met die ryery.

David Henry Kingergarten.

Die Kindy van voor.

Die Sandpit area is heeltemal toe met skadunet. Hulle is baie 'son skerm' bewus. Die kinders word in die somer nie buite toegelaat sonder 'n hoed en sonskerm nie.


Die klim en klouter apparaat buite.


Verf en plak stasie.

Kyk net hoe hang al die prente wat geskilder is die hele plek vol.


Deel van die binne speel area.

Die badkamer.


Pappa Japie help legkaarte optel met "tidy-up time".



Liedjies sing op die mat voor die mammas die kinders kom haal aan die einde van die dag.