Thursday, December 25, 2008

Die nuwe JUMPOLIEN!

Ou Kersvader het dié jaar vir die drie sussies 'n "jumpolien" gebring. Hulle het die hele dag op die ding geboer!
Kyk net hoe lekker jol hulle.

Die hare is woes van die gespringery.

Dankie Kersvader!


Die hare vol statiese elektrisiteit. Kan julle glo die drie kan so lief wees vir mekaar! Nie eers een keer baklei oor die jumpolien nie!





Hier die drie van die niggies. Lekker bly om mekaar weer te sien. Sus was natuurlik
die Kalaharie kat. Ons het so vir haar gelag. Sy se toe ewe baaaaaie ernstig sy is nie
meer die Khalaharie kat nie. Maak sulke veri funni steps en se sy is 'n wild laion.
Nou ja kyk later hoe het die waaild laion gelyk.
Tannie Delia hulle het nou net gearriveer. Toe toets die twee manne die
stoele. Albei is ma lekker di......
Ok nog ou Kersaand. Ons wens julle kon net weer een Kersfees saam met ons
wees. Ek mis julle hierdie jaar erg.
Hier is nou Ben, Oupa donna, Oom Nollie en Erich erg aan die braai.
Heinrich en sy sussie, klein Karmen het vir 'n rytjie gegaan, toe raak sy aan die slaap
terwyl hy gery het. sy is te dierbaar, huil nooit en slaap sommer oral. Ek het haar
net daar opgetel en op die mat gaan neersit. Alles en almal kan ma om haar raas sy
slaap.

Ag togggie kyk hoe uitgeput is die familie na die gevreeeeet van Krismis. Die plaas van
Erich en Anneke is te mooi. Kyk net hoe mooi groen is alles. Die volstruise wei hier
by die huis.
Hierdie was ou Kersaand. Kyk net hoe mooi is die sonsondergang. Sus is nie op
hierdie foto nie sy is die fotografer.

Wednesday, December 17, 2008

Kersvader kuier by Playcentre

Vandag was ons Kerfees partytjie by die Playcentre. Kersvader het hierdie jaar met die Ambulans gekom.


Die kinders sê hallo.



Joanné het my nogal verbaas. Sy was glad nie bang vir Kersvader nie.


Annika kry haar persentjie.

Joanné kry haar persentjie.


Odélia kry haar persentjie.



Joanné en Mamma.


Ons almal by Kersvader.




Tuesday, December 9, 2008

Dress ups

Vandag was Odélia en Joanné by die huis terwyl Annika Kindergarten toe is. Omdat ons besluit het om Odélia nie die laaste paar dae van die jaar skool toe te stuur nie.

Carol se ma, ouma Nellie, kuier hier van SA af. Sy het gehelp met die dress-up makery. Ek en Carol het nou die dag 'n spul lap gaan koop want die klomp meisiekinders hou tog so baie van op dress.
Hier is Jasmin (Odélia) en ek weet nie, seker maar 'n mermaid (Joanné).

Friday, December 5, 2008

5 Desember - Partikie tyd

Baie geluk Ouma Terda en Oupa donna ma donna se groot meisiekind.
Ons hoop jy verjaar somma baaaaaaie lekker, en kry baie pirsentjies.
Ons is baie lief vir jou en weet ondat jy 'n liewe Jesus dogterjie is, sal
jy altyd so pragtig bly. Pappa gaan moet spaar vir 'n geweer.

Die Birthday Girl!

Odélia het vandag almal laat weet sy is die "Brithday Girl"! Hier is sy vroegoggend deur die res wakker gemaak om persente oop te maak.

Baie happy met Ouma Gerda en Oupa Donna se pressie.

Ek het getry! Dis nou 22:55 en die koek is nou in die yskas.


Sal more weer kiekies van die party opsit. Lief vir julle.

Sunday, November 23, 2008


Ag toggie Sus kyk net hoe moeg is die ou tweetjies nou. Hulle word tog nou so gou oud.
Ek word skoon hartseet. Willie so oud word nie.l
Hierdie drie kabouters gaan die mannetjie wat da saam met oupa staan help? Weet julle
wat gaan hulle doen? Kyk net hoe vrolik en lekker lag die outjie in die middel.

Ons het vir oumi en oupi Lifestyle toe gevat. Kyk net hier vir OUpa Dona ma Donna

Die foto is spesiaal net vir julle drietjies. Kyk wie staan hier by oupa? Weet julle wie
dit is. Raai!
Ons, ek en OUpa Donna het oupi hulle getreat op pad huistoe en by Lifestyle te stop en
daar rond te loop en te eet. Kyk net hoe mooi is die blomme. Dit is net rye en rye blomme.
Sus ons was eintlik in 'n krech. 'n Kar het die robot vanmiddag geskip, toe slaan 'n ander
kar hom, tol 360 en gly toe reg teen ons vas. Dit lyk of hy net mooi netjies styf, styf teen
ons kom park het. Ons het vir oumi hulle gaan haal om bietjie hi te kuier. Oupi het eers
na die tyd agtergekom ons was in 'n krech, Ag shame.
Tannie Delia het nou net die foto van haar nuwe skildery vir my gestuur. Nice
ne? Ek wens net ek kon da by die lekker water gaan le, en net niks doen en
worry nie.

Friday, November 21, 2008

Die agtiende

Marijon het nie niks op haar verjaarsdag gekry nie, nbehalwe haar .............. LISENSIE. Jippie
Sy het ook maande, en dae voor die dag reeds piersietjies gekry. Onthou die kar en en.
Geluk Sus nou kan sy ry. En kan sy......

Meka en Oupa

Kyk net hoe lekker swem ons. Meka is mal daaroor om te swem. As daar net iets
in die water is, duik sy in. Sy druk haar hele kop (oe, ore, neus en al) onder die
water in om te soek na haar speelgoed. Dit lyk nes 'n eendjie. Te dierbaar. Die
kinders sou so lekker in die water met haar gespeel het. sy swem sommer al
7 uur in die oggend, of laat in die aand.

Kyk net hoe mooi

Ek was onlangs by tannie Nita hulle (nog voor sy oorsee gegaan het) en moes
iets by hulle shopping sentrum gaan koop. Ek dink dit was die dag net voor sy
gevlieg het. Kyk net hoe mooi is die tuintjie by die sentrum. Lekker ou sonnige
Suid Afrika. Ons land kan darem mooi wees ne.

Oupa Donna

Kyk net hoe lekker slaapies die twee. Hulle het seker by mekaar geleer om
so te doedoe.

Wednesday, November 19, 2008

Happy bifday sista!


Hi Sus, baie baie geluk met jou verjaarsdag. Ek verlang soooooo baie na jou. Ek hoop jy word vandag sommer baie bederf. Ons is baie lief vir jou. Mwha!

Tuesday, November 18, 2008

Die Tier!

Hallo julle, ontmoet vir TIGER !
Een van die kinders by die playcentre het die kattie gister hoor miaaw onder die gebou. Ons mammas was te groot om onderin te kruip, maar Michael was braaf genoeg. Hy het die kiets gered. Sy mamma het hom weggegooi en die ander wou hom nie hê nie, nou ja, toe kom hy maar saam met ons huis toe. Ek het die kinders gesê ons sal eers vir pappa vra, en as pappa sê nee, moet ons vir hom 'n ander huisie soek. Hulle het ingestem.



Tiger is gebad en hulle het lekker met hom gespeel gisteraand saam met pappa.



Vanoggend het Japie die kinders so net voor ses wakker gemaak en gesê hulle moet hulle baba kom voer. Nou is daar groot vreugde in die huis, want Tiger mag dan nou bly.

Arme kat!

Friday, October 31, 2008

Speel by die playcentre

Joanné begin regtig nou die spelery by die playcentre geniet. Sy kan nou amper alles doen wat die groter kiders kan doen. deesdae hou sy erg baie van die swaai.



Daar is so "vodde" ou boot wat in die een hoek van die speelgrond staan. Dit is snaaks hoe die kinders dié boot like.






Annika en maaitjie Mialee speel "prinssases in the tollest tower".


Annika roep my toe nader na haar tower en sê:'Look mommy, I found a shee shell!" Die shee shell was toe al die tyd 'n gebreekte plastiek lepel se kop.

Odélia, maaitjies Carmen, Mike en Mialee, en Ankia ry almal saam oppie "wheel onna bus go round n round".