Sunday, December 5, 2010

My oudste se verjaardag

Baie baie geluk ouma Nerda se poplap. Ek hoop en
glo jy het 'n lekker daggie gehad. Ouma het
heeldag heeldag aan jou gedink. Ek en
Oupa Donna is so lief vir jou. Mis jou
xxxxxx

Wednesday, October 6, 2010

So kuier ons saam by Parys (innie vreeeeeeeeeeestate he ha ho)
Kyk hoe mooi lyk sus se room. Sy het self die ou meubels geverf. Sy is so trots op haar ou
huisie.

Wonder wie die girl? Ag kan ek dit nie maar oor he nie????? blief ek sal my gedra belowe

Waar is die tyd heen? Dertig jaar terug? Shoe net na my geboorte ne, ekke onthou mos
nog reg?

Oumsie se nuwe huisie.
Wat van 'n lekka lekka kleeeeeeeeeeeiiiiiin arbeitjie?
Ek en my Ouma in die blomme voor Doom Toy se kerk. Oom Dinki se mamma is begrawe
vanuit die kerk.
Ek en Marijon by The Shaiks Palace. Oom Dinki het die groot 5 geslaap. Jig ma dit
was vreeslik lekker. Ons het tot gebelly dans dat die spoeg so spat

Monday, September 6, 2010

Honey Hive en Huka Falls

Die Waikato rivier is die grootste van NZ se reviere en loop van Taupo tot bo in Auckland. Hy loop sommer hier 8km van ons af verby deur Mangakino. Net buite Taupo, is die Huka Falls.
Dis beautiful en die water is ysblou. Ook yskoud, want die ys van die berge smelt en loop in Lake Taupo in, en dan in die Waikato rivier in.

Ek en die meisiekinders.
Ouma en die meisiekinders.


Die Honey Hive is 'n oulike winkeltje buite Taupo waar jy omtrent enige ding onder die son kan koop wat met heuning gepaard gaan. Die kids staan gou vir 'n bytjie-foto.

En ouma ook.


Van Lavender Heuning, tot velsorg en liquer. Hier is te veel om van te kies.

Sunday, September 5, 2010

Terug op die lug!

Met kalfseisoen so besig het die blog skandelik agterweë gebly. Ek het nou besluit dis tyd om weer almal op datum te bring. Hier is wat julle gemis het!

Ouma Gerda se kuier!!!!

Wag geduldig vir ouma om aan te kom.

Odélia wys solank vir ons waar sy dink ouma se vliegtuig gaan land.

Jippeeee!

Ouma word gepamperlang.

Friday, May 28, 2010

Canopy Tour

Ek en Tannie Chrets het gaan canopy tour in Magoebaskloof. Ons het oor die Letaba rivier
gefoefie . Dit was nogal erg pret. Daar is dertien platforms en jy gly so zig-zag oor die rivier.
die langste gly is so 150 meter lank. Wat wou die twee ou oumas.

Ek en oupa Donna by die troue. Kan julle glo oupa het 'n Hoeranja hemp aangehad.

Machael de Santos se troue


Die twee jongste tannies by die troue. Die troue was groen en wit en vrieken mooi. Diue venue
was by Anderland. Ag jiggie ma was dit mooi. Buite het dit gelyk soos by ek dink HarryPotter

Saturday, May 8, 2010

My moedersdag

Die kaartjie. (Die hondjie se koppie wiggle...)

Die slippers! (Daar was ook 'n nuwe haardroër)

Die breakfast.


Die kokke.

Moedersdag cupcakes word versier.

Die cupcakes.


Julle het my dag sommer ekstra spesiaal gemaak! Baie dankie my man. Dankie my prinsesse! Ek is sommer baie lief vir julle!

Vir al die Moeders

Vader, skenk aan hierdie spesiale vrou die krag om ALLES te kan vermag wat hierdie week verwag word van haar...Leer haar om net 'n bietjie vir haarself te lag en aan te hou om haar glimlag met ander te deel. Maak haar ELKE sekonde bewus van die Skepping se prag en laat haar NOOIT twyfel aan U mag en haar YOU-niqueness nie!!! Ek bid dit in die Naam van my Vriend en Verlosser, U Seun, Jesus. Amen.xxxx
Vandag wens ek my Moeder, Ouma, Tannies, Vriendinne en elke ander ma wat ons blog lees 'n vreugdevolle en vredevolle Moedersdag toe! Mag julle mense vandag waarlik julle waarde besef en wéét: " 'n Ma is werklik 'n engel van Bo!" Hope bederf en liefde vir julle vandag, en elke dag.




Friday, April 23, 2010

Tuesday, March 30, 2010

















Kaap en Augus 2010


Mamma stuur sommer ook van die mooi ou Kaap en van die Augus vir julle

ook fotos. Mamma het 14de gekom van 509 van my ouderdom vroue.

Overall 4400/29750 en 256/5172 Vroue. En toe kuier ons in die Kaap


Marijon se ongeluk


Marijon se eerste en hoopelik die laaste ongeluk. Die ou Jazzie lyk ma oes, maar kyk net hoe lyk ou sussa. Lekker dik brekkie. Gelukkig, dankie tog Liewe Jesus kan ons nou daaroor lag.

Monday, March 29, 2010

Tirau

Ons is Sondag oggend Gordonton om iemand met wie Japie 'n onderhoud gehad het te gaan sien. Oppad terug het ons in Tirau gestop. Dis 'n klein ou dorpie met net 'n handjie vol winkeltjies. Al die winkels se signs is van corrugated iron gemaak. Baie oulik. Die kinders het dit vreeslik geniet om al die ditjies en datjies te sien.

Die hond is die informasie sentrum. Langs die hond is ook 'n reuse skaap. Dit is 'n winkel wat hoofsaaklik wol klere verkoop.
Granny Smiths!

Alley Cats - Interior


Die herder langs die kerk.

Die kafee.

Poppy's Coffeshop.Die garage.
DThe Clock Peddler.
Die drankwinkel.

Silver&some - hierdie winkeltjie verkoop die mooiste silver juwele en ons kannie wag om vir ouma Gerda hierdie winkeltjie te wys as sy kom kuier nie!!