Saturday, October 24, 2009

Odélia en haar "Skou-kalf"

Die senuweeste het maar hoog geloop Vrydag. Maar daar was ook groot opgewondenheid om af te show met Bubbles. Odélia het nou regtig 'n ou sagte plekkie vir Bubbles ontwikkel. Hier staan sy angstig en wag vir die beoordeling om te begin.
Net gou sterkte sê. Hierdie mamma het maar hard gebid dat Liewe Jesus net vir Bubbles moet rustig hou, want sien, Bubbles het al met my ook weggehol....
Pappa Japie was dié dag 'n stewart by die kalfies. Hy het die beoordelaars 'n hand gegee en gehelp as die diere nie mooi wou saamwerk nie. Natuurlik het hy homself eenkant gehou toe dit Diela se beurt was. Wou nou nie inmeng met die beoordeling nie.
Nou toe, Bubbles. Weg is ons!
Al om die kampie moet daar nou gestap word. So far, so good...
Nou net gou oor die bruggie. En glo dit of nie, Odélia se Bubbles is toe wraggies die enigste kalf wat oor die brug wou stap!
Dié smile op Odélia se gesiggie was 'n teken dit het goed gegaan. En die smile op die beoordelaar se gesig ook....
Die klompie wag vir die uitslae...
Odélia kry toe 'n Eerste Plek vir Leading (hoe die kalfie gelei is) en 'n Tweede plek vir Care and Attention. (Julle kan dit nou nie op die kiekies sien nie, maar tot die hoewe is gepolish, met N-U-G-G-E-T)
Annika is ook trots op haar ousus.
Ruben en Joanné was ook daar om Odélia te ondersteun.
Annika het toe ook self 'n beurt gekry om af te show met Sally Skaap. Dié moes toe nou selfs op ge-dress word! Kyk net! Die voorskoolse kinders het kans gekry om hulle diere te wys, sommer net vir die lekker. Hulle het dan ook elkeen 'n lint en 'n lollipop gekry.
Dit was 'n baie suksesvolle dag. Dié klompie het sommer nog voor die sonnetjie onder gegaan het, omgekap!

Thursday, October 22, 2009

Voorbereiding vir Agri Dag!

Elke jaar hou die skole hier in NZ 'n Agri Dag. Dan kry die kinders geleentheid om hulle diere te skou. Of dit nou perd of hond, kat of vis, en ja, selfs skaap of kalf is. Odélia het toe mos gekies om 'n kalfie te hê. Na twee maande van elke dag se voer en borsel, stap...... en hol, saam en agter die kalf aan, het die groot dag uiteindelkik nader gekruip. Vrydag was naby. Donderdag het die kinders die laaste voorbereiding by die skool gedoen. Daar is natuurlik ook ander dinge by Ag Day te sien as net diere. Odélia se klas het gemmerbroodmannetjies versier, Sand Saucers gemaak en naaldwerk gedoen. Ander klasse het weer ander goedjies gemaak. Alles is Vrydag beoordeel.

Die Sand saucer is 'n bord vol sand, met blomme vesier. Daar is sekere kriteria betrokke, soos bv dit moet 'n defnitiewe patroon hê, daar mag geen sand sigbaar wees nie, ens.



Hier is Odélia besig met haar Sand Saucer.




Die eindproduk.


Hier is Odélia se "Stiching" eindproduk. Hiervoor het sy 'n eerste plek gekry.





Sunday, October 11, 2009

Hierdie is die dogters, met 'n paartjies, vier om presies te wees, nie by nie. Ou ja Muguette en tannie Nita is ook missing. Kyk net hoe lang is ouma Nerda se hare. Nou is dit weer kort.
Die res van die pelle ook by Fidlers. Dit is ma wat ons Vrydae aande doen vir bietjie fun.
Net sommer ons. Ma ons lyk bietjie funny hier. Ha ha
Ek en TannieRia Foord was by Aardklop. Natuurlik alles moes proe en eet. Dit was sommer
net lekker. Sy het dit erg geniet, dit was haar eerste aardklop.
Dylan en Charisse se nuwe huisie. Hulle het laas donderdag getrek so alles was nogi reg nie
Die huisie is rerig oulik en baie ruimer as die vorige een. Drie kamers, met nog 'n kamer (4de)
bo as ook 'n study en badkamer bo.
Ek en Oupa Deon het laas Vrydag by Fidlers gaan kuier. Dit is baie mooi daar en eintlik
ons enigste rerige kuier plekkie oor naweke.
Ek het bietjie by sus by die goedkoop Melrose gas kuier. Hier het ons 'n lekker brekkie
geeet. Die hele Melrose Arch is mos soos 'n italiaanse dorpie. Dis nie soos ander shopping
komplekse nie. Alle die winkels is soos 'n klein dorpie. Met paving en geen karre om winkels
nie. Rerig baie mooi.
Hierdie is ook daai aand geneem. Ou Rolann laat ou sussa nogal hard oefen by die gym
Sy kla en se sy is so styf. Kan jy glo nou laas was sy hare amper asof dit rooi wil wees.
Oh ja Charne is ook nou net vandag terug hier in SA Sy gaan nou hier swot en moet nou
blyplek en en soek. Shame ek het vir Tannie Nita geskype sy is rerig ma baie hartseer.
Ek dink ook nie dit gaan te breed da nie. Onthou sy is enigste broodwinner. Ma Charne
gaan maar 'n werkie hier soek totdat sy begin swot.
Hierdie is die twee ou getroudes. Ons het saam met hulle, haar mamma-hulle en Tan
Heriette hulle gaan eet die saterdagaand na hulle getroud is die woensdag. Sy groei nou
lekker erg. Shame die ou scan van die baba is rerig nou se dae te oulik. Kyk oppie facebook.
Jy kan tot duidelik die ou gesiggie sien. Hulle het laas week in 'n nuwe plekkie ingetrek.
Nogal oulik.

Thursday, October 8, 2009

Cross country in die wind.....

Odélia se skool het 'n rukkie terug landloop gehad. Almal moes deelneem. In haar ouderdomsgroep was daar 13 maatjies. Sy was 4de. Sou eintlik 3de gewees het as sy nie so 3m voor die eindstreep ophou hardloop het nie! Het 1,5km gehardloop. Sy was baie trots op haarself! Sy staan hier links vandie maatjie met die baie rooi.
Wag angstig hulle beurt af.....
Ek, Annika en Joanné sit in die wind en wag dat Odélia moet hardloop.

Odélia eh haar maatjies.


Blokkies bou saam met pappa

Annika bou 'n "tall tower".
Odélia wil nie regtig deel nie.......
Joanné bou ook.
Die hele spul.

Thursday, October 1, 2009

Die diere

Odélia se skool het die 23ste Okt 'n AgDay. Dan moet al die kinders hulle troeteldiere skooltoe bring. Dit sluit nou kalfies en lammetjies, die gewone soos honde en katte, en selfs die ongewone soos "lizards" en miere in!
Om voor te berei vir dié groot affêre is nogal skrikwekkend. Die diere moet nou heeltemal mak gemaak word. Kinders met kalfies se kalfies moet so mak wees, dat hulle deur 'n "hindernis baan" gelei kan word. Die kinders moet ook presies alles kan vertel van hulle diere. Watter tipe "breed", wat hulle gevoer word en wat hulle daagliks met die diere doen. Dan is daar beoordelaars en pryse word toegeken aan die beste diere en hulle eienaars.


Odélia het gekies om 'n kalf te hê. Bubbles. Bubbles is 'n "Speckled Park". 'n Kanadese bees. Sy is die "Leopard skin type". Baie spesiale kalf volgens haar eienaar. :-)

Odélia moet elke dag vir Bubbles roskam met die borsel en haar om die huis lei aan haar band. Pappa help nog hiermee, want Bubbles leer nog. Ons hou duim vas dat Bubbles nie met Diela gaan weghol op die groot dag nie!

Dan mag die voorskoolse boeties en sussies ook deelneem. Hulle stap ook met hulle troeteldiere om die veld en kry dan elkeen 'n Strikkie en 'n lollipop. Nou ja, dan het ons nou vir Sally. Sally is 'n wees-lammetjie. Haar mamma is met geboorte dood. Sy was maar pieperig aan die begin, en het so ewe langs die kaggel moes slaap in die aand. Sy word vier maal per dag gevoer.

Joanné en Annika sorg mooi vir Sally. Hulle gaan maar so saam-saam met Sally werk, want mamma sien nie kans vir NOG 'n dier nie!

Ons sal julle laat weet hoe dit later met Bubbles en Sally gaan en of hulle hulle goed gedra het by AgDay!