Monday, June 16, 2008

Playcentre toe...

Elke Dinsdag- en Donderdagoggend vat ek die drie blommetjies Playcentre toe. Odélia en Annika het deesdae 'n nuwe gier. Ons is skaars by die deur in, dan waai die klere! Dan kan hulle vir ure met die dress-ups speel. Annika het Dinsdag besluit sy wil 'n beer wees. Kyk net hoe grom sy!




Ek is nie seker wat Odélia wou wees nie, maar sy lyk vir my soos ou Evelyn op 'n Saterdag reg om dorp toe te gaan. Alles so bo-oor mekaar aan!


Selfs op die 'slide' moet daar met die 'dress-ups' gespeel word.
Maar Joanné steur haar min aan haar sussies se mannewales. Sy is happy om net met die musiek instrumente te speel.

Wednesday, June 11, 2008

Besoek aan die tandarts

Man ek was toe mos vandag by die tandarts.

Hy het net mooi twee en 'n half uur gesukkel om 'n tand te trek. Geboor en
gespuit, geboor en gespuit. Hy het later sy trui uit getrek en sy hare was pap
nat gesweet, ma die dem tand uitkry was 'n erkerlike ding. Dis die seerste
wat ek nog gehad het by die tandarts. Dis nou aand en ek het nog steeds
seer en bek is lekker dik, ma moenie worri onkruid vrek mos nie. More is
alles we ok.

Baie dankie, Anika en Odelia vir die mooi woordtjies en liedjie Ouma is sommer
baie trots op sulke pragtige doggies. Julle moet wee vir ons sing ek het die rerig
baie baie geniet. Dit was so lekker om julle gesiggies so amper in rerige lewende
lywe te sien. Ek het die oor en oor en oor gespeel, somma vir my, oupa en almal
hie. Julle moet ons vertel hoe julle dit doen hoor. Dan doen ons dit ok.

Monday, June 9, 2008

Dylan latie op hom wagi

Oh ja het vergeet om te se. Baie geluk aan Dylan wat verloof geraak
het die naweek. Ja nee Kyk hy laat nie op hom wag nie. Ons
stuur fotos sodra ons kry. Tannie Nita en ha pelle was hie vir
die groot koop saterdag. Koni eens tannie Delia se ou 9
duvetjies inpas nie. Hulle is hie weg met net 20 duvets. Jy
moes die petalje aanskou. Da het omtrent net gesiggies
tussen die linne en duvets uitgesteek. Ou Carletonville se
Edura bly na nog die tjiepste.

Pakkie na New Zealand

Hi Sus,

Ag baie dankie vir die foto's van die drietjies met
hulle nuwe baba, Ek wonder nou net hoe oud is die
outjie. Koeks ek het toe saam met Stef drie klein
pakkies kon stuur. Die nuwe kar moet toe mos nou
Sasol toe. Met 'n gps en moese gesukkel het ons, sus en 'n vriendin toe da uitgekom. Ek gaan die medisyne en die
skildery saam tannie Jane Honey probeer stuur. Bel
my asb dadelik as die pakkies da is.

Wednesday, June 4, 2008

Oupa Piet word 79


Baie geluk aan Oupa Piet van der Westhuizen

met sy verjaarsdag die 3de Junie. Ons hoop

Oupa word nog lank vir ons gespaar en dat

Oupa se gesondheid goed sal wees. Man Kyk net hoe
jong is ons almal nog hier. Die drie susters is ook
hier. Natuurlik is die suster heel links die jongste (glo
net mooi dertig (30!!!!!!)