Monday, November 9, 2009

Ons blombakke

Ek, Thea en Riza kla al lank ons het nie geld wat uitgelê kan word vir blombakke nie. Toe ek een middag van die stal af terugry huistoe, sien ek die pellets daar langs die shed lê. Toe gaan daar 'n liggie aan. Riza sny toe sommer vir ons die pellets op met die chainsaw. Ons het die boonste plankies afgehaal en daar's hy! Dit werk toe so uit dat die bakke presies die regte wydte is vir waar ek hulle wou sit.
Hierdie bakke het nou al "pansies en impatients" in.

Daar kort nou nog 3 bakke, maar toe raak my grond op! Ek gaan Vrydag weer dorp toe, en sal dan Saterdag die ander volmaak.
Aan die agterkant van die huis is my kruietuin. Ons het ook aarbeie.
En ek en die kinders het broccoli, blomkool, slaai en tamaties ook geplant. Kyk net hoe groei dit! Ons sal julle bietjie nooi vir ete, hoor!

No comments: