Saturday, October 24, 2009

Odélia en haar "Skou-kalf"

Die senuweeste het maar hoog geloop Vrydag. Maar daar was ook groot opgewondenheid om af te show met Bubbles. Odélia het nou regtig 'n ou sagte plekkie vir Bubbles ontwikkel. Hier staan sy angstig en wag vir die beoordeling om te begin.
Net gou sterkte sê. Hierdie mamma het maar hard gebid dat Liewe Jesus net vir Bubbles moet rustig hou, want sien, Bubbles het al met my ook weggehol....
Pappa Japie was dié dag 'n stewart by die kalfies. Hy het die beoordelaars 'n hand gegee en gehelp as die diere nie mooi wou saamwerk nie. Natuurlik het hy homself eenkant gehou toe dit Diela se beurt was. Wou nou nie inmeng met die beoordeling nie.
Nou toe, Bubbles. Weg is ons!
Al om die kampie moet daar nou gestap word. So far, so good...
Nou net gou oor die bruggie. En glo dit of nie, Odélia se Bubbles is toe wraggies die enigste kalf wat oor die brug wou stap!
Dié smile op Odélia se gesiggie was 'n teken dit het goed gegaan. En die smile op die beoordelaar se gesig ook....
Die klompie wag vir die uitslae...
Odélia kry toe 'n Eerste Plek vir Leading (hoe die kalfie gelei is) en 'n Tweede plek vir Care and Attention. (Julle kan dit nou nie op die kiekies sien nie, maar tot die hoewe is gepolish, met N-U-G-G-E-T)
Annika is ook trots op haar ousus.
Ruben en Joanné was ook daar om Odélia te ondersteun.
Annika het toe ook self 'n beurt gekry om af te show met Sally Skaap. Dié moes toe nou selfs op ge-dress word! Kyk net! Die voorskoolse kinders het kans gekry om hulle diere te wys, sommer net vir die lekker. Hulle het dan ook elkeen 'n lint en 'n lollipop gekry.
Dit was 'n baie suksesvolle dag. Dié klompie het sommer nog voor die sonnetjie onder gegaan het, omgekap!

No comments: