Monday, June 16, 2008

Playcentre toe...

Elke Dinsdag- en Donderdagoggend vat ek die drie blommetjies Playcentre toe. Odélia en Annika het deesdae 'n nuwe gier. Ons is skaars by die deur in, dan waai die klere! Dan kan hulle vir ure met die dress-ups speel. Annika het Dinsdag besluit sy wil 'n beer wees. Kyk net hoe grom sy!




Ek is nie seker wat Odélia wou wees nie, maar sy lyk vir my soos ou Evelyn op 'n Saterdag reg om dorp toe te gaan. Alles so bo-oor mekaar aan!


Selfs op die 'slide' moet daar met die 'dress-ups' gespeel word.
Maar Joanné steur haar min aan haar sussies se mannewales. Sy is happy om net met die musiek instrumente te speel.

No comments: