Monday, January 18, 2010

Die groot Operasies

Liefste Drie Poppies

Man OUma Nerda dink vandag heeldag aan julle. Ek weet sommer julle gaan baie braaf en soet
wees. OUma weet dit is baie seer, maar julle is so soet en weet as julle min huil dan is dit baie minder seer. Ek wens ek kon julle handtjies rerig styf styf vas hou. Maar in my hartjie doen ek dit, ek belowe. Baie lief vir julle. XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX


Friday, January 15, 2010

Huka Falls

Omdat Thea se ma en pa bietjie hier in NZ kuier, probeer ons hulle maar nou en dan bietjie rond wys. Ons was so paar weke terug dorp toe, en toe stel ek voor ons wys hulle die Huka Valle. Die Waikato rivier loop hier van Taupo af tot in Auckland. Net buite Taupo is 'n paar valle. Hulle noem dit die Huka Falls. Die water is ysblou en baie mooi! Hulle sê die daaglikse vloei van die valle is gemiddeld 160 kubieke meter per sekond! Die rivier is sowat 100 meter wyd en 4 meter diep. Hier by die valle word die rivier in forseer in 'n kanaal van net 15 meter breed, en 10 meter diep. Dit veroorsaak dan die ongelooflike vloei.
Die Waikato rivier is die grootste in NZ, is dan ook die een wat sommer hier naby ons plaas verbyloop. Dis silwerskoon. Dié rivier sorg dan ook vir meeste van die land se hyro-elektrisiteit, met die grootste kragstasie hier by ons in Whakamaru.

Odélia was by die skool, so sy kon nie saam gaan nie. Hier is ek, Annika en Joanné by die valle.

Simoné, Chané, Annika en Joanné.
Na die valle is ons gou bietjie Honey Hive toe. 'n Oulike winkeltjie wat lekker goedtjies verkoop soos hande, gesig en lyfrome, lekkergoed van heuning en selfs wyn. Ook 'n coffee shop waar ons toe gou ietsie kon drink.Julle moet nou kom kuier Smiths en Cookie. Dat ons julle ook biejtie ons mooi land kan wys!

Thursday, January 14, 2010

Die blommetjies wat ek geplant het, blom nou baie mooi. Gesiggies en impatients en in die middel begin die pronk ertjies rank.
Die tamaties het ook begin rank en daar is al so 20 of wat groen tamatietjies. Spinasie, blomkoom, brokoli en slaai. En aarbeie.

Die kids se swembad. Die gras word nou mooi groen.

Ver agter, die trampolien en die pophuis. Die swaai en glyplank.

My tulpe in ons kamer by my kandelare.

Ons nuwe swembad

Jong, Kersvader het eintlik die swembad as 'n vroeë Krismisboks gebring. Die meisiekinders geniet dit baie, al is die water yskoud. Swem tot hulle letterlik blou is van die koue!

Monday, January 4, 2010



Kyk net na die wafferse surfers. Rolann en Gareth was by die Gateway mall. Da is die waves, toe surf hulle da. Was na die uur pro, maar lekker styf. Ha ha



Wat se jy van die Ouma en Oupa oppie strand?


Tannie Delia en Oom Nollie

Al die niggies, behale Charne was Kersfees by Oumi hulle. Kyk net hoe feestelik het die niggies weer die tafel gedek.


Oumi en Oupi trek hulle "krekker" Wat 'n voorreg om nog in 2009 my Ma en pa by my te kan he. Ons hoop Liewe Jesus spaar hulle nog 'n jaar vir ons


Kersdag by OUmi en Oupi. Oupi was toe nog redelik sterk en het die heel dag by ons gesit.
Ons het sy stoel buitentoe gedra. Die dag daarna kon hy nie eers meer loop nie. Dit is 'n mooi foto ne?

Ons het maar baie by die c gaan uiteet. Hier was die tweetjies aan die kies wat hulle wou eet

Sunday, January 3, 2010


Raai wie het ook van beet gehou? Onthou jy nog sus? Agge shame en dit was al vir krismis

Kersfees 2009


Oupi was Kwersfees so sterk nog. Het die hele dag saam by ons oppie stoel gesit. Kon
nog loop na buite as ons hom eers op help.