Friday, January 15, 2010

Huka Falls

Omdat Thea se ma en pa bietjie hier in NZ kuier, probeer ons hulle maar nou en dan bietjie rond wys. Ons was so paar weke terug dorp toe, en toe stel ek voor ons wys hulle die Huka Valle. Die Waikato rivier loop hier van Taupo af tot in Auckland. Net buite Taupo is 'n paar valle. Hulle noem dit die Huka Falls. Die water is ysblou en baie mooi! Hulle sê die daaglikse vloei van die valle is gemiddeld 160 kubieke meter per sekond! Die rivier is sowat 100 meter wyd en 4 meter diep. Hier by die valle word die rivier in forseer in 'n kanaal van net 15 meter breed, en 10 meter diep. Dit veroorsaak dan die ongelooflike vloei.
Die Waikato rivier is die grootste in NZ, is dan ook die een wat sommer hier naby ons plaas verbyloop. Dis silwerskoon. Dié rivier sorg dan ook vir meeste van die land se hyro-elektrisiteit, met die grootste kragstasie hier by ons in Whakamaru.

Odélia was by die skool, so sy kon nie saam gaan nie. Hier is ek, Annika en Joanné by die valle.

Simoné, Chané, Annika en Joanné.
Na die valle is ons gou bietjie Honey Hive toe. 'n Oulike winkeltjie wat lekker goedtjies verkoop soos hande, gesig en lyfrome, lekkergoed van heuning en selfs wyn. Ook 'n coffee shop waar ons toe gou ietsie kon drink.Julle moet nou kom kuier Smiths en Cookie. Dat ons julle ook biejtie ons mooi land kan wys!

No comments: