Sunday, November 29, 2009

Oupi innie ouetehuis se siekeboeg. Ag sus ment kan nie glo hy het so gou agteruit gegaan nie.
En toe.... gly hulle verongeluk. Ag jitte tog.
Rolan maak of hy vir sus innie swembad wil gooi. Die water was eintlik vrek koud, want ons het baie reen gehad die laaste twee dae
Sus moes gou 'n paar rande maak, al plan..... oppie tafel. Da is nogie eens by die tafel geeet nie.
Charissa het al 12 kg verloor, ampe figuur terug
Ons was twee weke laas by Dylan, want sy ma was da, so toe moes ons baie foto's neem
Ag tog het julle al so 'n trotse oupa gesien. Ons het haar uiteindelik wakker gekry. sy slaap met haar armpies so bokant haar kop. Onthou jy sus....Kampioen.
Ons het vandag by Dylan en Charissa gaan braai. Kyk net hoe groot het Dekota geword.

Monday, November 16, 2009

Hier is darem 'n snappie van die drie Smiffies. Ek sal vannaand nog mooi groot foto's van haar stuur.

Wednesday, November 11, 2009

Na die lekker bederf!
Mamma en Monica is gister lekker bederf deur die famus haarkapper Marijon Cooke. Lekker ne! Gelukkig kon die ouma toe mooi lyk met die baby se geboorte.
Noggie fotots van sus saam met baba nie. Hulle wou haar nie inlaat nie. Stuur dit later.

Dakota Smith

Baba Dakota Smith is vandag gebore! Ons weet nog nie hoe sy lyk of wat sy geweeg het nie, maar ons weet mamma en baba is gesond en pappa is winkel toe vir 'n haelgeweer....... Baie baie geluk Dylan en Charissa. Geniet elke oomblik! En neem baie fotos! Baie geluk ook Oupa Deon en Ouma Gerda en al die ander oupas en oumas! Nou kan julle haar lekker bederf! Ons is lief vir julle en ons mis julle!
Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné.

Tuesday, November 10, 2009

Hierdie is die nuwe gym. Ek sal weer volgende week fotos stuur. Die gym is amper klaar.
Hier het al ons pelle die oggend na Martie se veertigste verjaardag party by Hoi Poloi brekkies gaan eet. Dit was rerig baie lekker. Martie het haar verjaardagparty by hulle huis by die rivier
gehou. Ons het net snaks geeet die hele aand. Daar was nie een van die snaks wat ek al ooit voorheen geeet het nie. Elke 15 min dan word daar nuwe snaks gebring. Was rerig lekker.
Ek en Sus die aand voor die Dagbreek revue. Kyk die laaaaang hare en joooooooooong
Ouma Neeeeeerda
Ons kuier hier by die Fidlers
Hi is die nuwe "gerevamde" room. Ek het by kamer 5 die matte uitgehaal, die bad uitgehaal
en toe geteel en 'n stort in gesit. Dit is ook nuwe meubels. Mooi ne.

Monday, November 9, 2009

Tandarts toe

Elke ses maande of so, kom die dental nurse die rondte doen. Alle kinders, twee jaar en ouer, word deeglik ondersoek om te sien of hulle gaatjies het en so aan. Die diens is heetlemal gratis en hulle werk vreeslik mooi met die kinders en is baie gaaf. So vat ek en Thea toe nou vir Annika, Joanné, Simoné en Chané na die Dental Nurse toe. Omtrent 'n uitstappie!
Simoné lê mooi stil sodat die tannie kan kyk.

Annika wag haar beurt af.


Nou Joanné se beurt.

Sy het omtrent 'n audience gehad!

En heel laaste Chané. Kyk net hoe braaf!

The three stoodges!

"Kyk, tannie Lannie, my tanne mooi!"

Ons blombakke

Ek, Thea en Riza kla al lank ons het nie geld wat uitgelê kan word vir blombakke nie. Toe ek een middag van die stal af terugry huistoe, sien ek die pellets daar langs die shed lê. Toe gaan daar 'n liggie aan. Riza sny toe sommer vir ons die pellets op met die chainsaw. Ons het die boonste plankies afgehaal en daar's hy! Dit werk toe so uit dat die bakke presies die regte wydte is vir waar ek hulle wou sit.
Hierdie bakke het nou al "pansies en impatients" in.

Daar kort nou nog 3 bakke, maar toe raak my grond op! Ek gaan Vrydag weer dorp toe, en sal dan Saterdag die ander volmaak.
Aan die agterkant van die huis is my kruietuin. Ons het ook aarbeie.
En ek en die kinders het broccoli, blomkool, slaai en tamaties ook geplant. Kyk net hoe groei dit! Ons sal julle bietjie nooi vir ete, hoor!