Sunday, June 28, 2009

Liewe Oupa Pieter


Ons wil graag vir Groot Oupa Pieter 'n spoedige en volledige herstel toewens. Ons het gister verneem dat Oupa die afgelope naweek 4 beroertes gehad het. Ons weet Oupa is in baie bekwame hande en ons bid die Bloed van Jesus oor die hande van die hospitaal personeel toe. Mag God Oupa styf vashou in hierdie tyd en mag Oupa die gemak en warmte van Sy teenwoordigheid ervaar.


Baie sterkte Ouma, Moeks, tannie Niet en tannie Diela, en almal wat daardie kant vir Oupa en Ouma ondersteun en dra. Ek wens so dat ons nader was om hulle sommer net vas te druk!


Ons is baie lief vir Oupa! Word gou gesond!

Wednesday, June 17, 2009

Liewer laat as nooit!

Die pakkie wat ma gepos het met die klere wat ouma Debbie vir die kinders wou stuur, het UITEINDELIK gister hier aangekom. Ek was by die huis met Odélia, Annika en Joanné, want hulle is al drie siek. (Julle sal sien hulle het nog pajamas aan). Toe die pos tannie kom, het ek vir Thea gebel en gevra of sy nie asseblief vir my 'n brood wou bring, want ek is met die siek kinders by die huis. Dit was 'n groot verrassing toe ek die boks uithaal. Ek hoef Thea nie twee keer nooi om die boks oop te maak nie!
Almal by die boks.

Simoné met haar jewellery!
Joanné en Chané.
Nuuskierige agies.
Chané wys haar nuwe shoes.
Die hele spul!

Sunday, June 14, 2009

Raponsie, raponsie, gooi af jou hare...

Annika sê mos haar hare lyk soos Rapunzel. Ek moes nou eers 'n foto neem vanaand nadat ons hare gewas het.



Cheese!

Tuesday, June 9, 2009

By die playcentre

Die kiddies het vandag kous-puppets gemaak by die playcentre.
Annika hard aan die werk met haar puppet.
Joanné werk ook aan haar puppet.
Joanné is baie trots op haar eindproduk.
Ek moes ook 'n puppet maak. Myne was 'n varkie. Annika sé haar puppet is 'n prinses. "Kyk net haar lang hare, net soos Rapunzel, né mamma!"