Wednesday, June 17, 2009

Liewer laat as nooit!

Die pakkie wat ma gepos het met die klere wat ouma Debbie vir die kinders wou stuur, het UITEINDELIK gister hier aangekom. Ek was by die huis met Odélia, Annika en Joanné, want hulle is al drie siek. (Julle sal sien hulle het nog pajamas aan). Toe die pos tannie kom, het ek vir Thea gebel en gevra of sy nie asseblief vir my 'n brood wou bring, want ek is met die siek kinders by die huis. Dit was 'n groot verrassing toe ek die boks uithaal. Ek hoef Thea nie twee keer nooi om die boks oop te maak nie!
Almal by die boks.

Simoné met haar jewellery!
Joanné en Chané.
Nuuskierige agies.
Chané wys haar nuwe shoes.
Die hele spul!

No comments: