Sunday, June 28, 2009

Liewe Oupa Pieter


Ons wil graag vir Groot Oupa Pieter 'n spoedige en volledige herstel toewens. Ons het gister verneem dat Oupa die afgelope naweek 4 beroertes gehad het. Ons weet Oupa is in baie bekwame hande en ons bid die Bloed van Jesus oor die hande van die hospitaal personeel toe. Mag God Oupa styf vashou in hierdie tyd en mag Oupa die gemak en warmte van Sy teenwoordigheid ervaar.


Baie sterkte Ouma, Moeks, tannie Niet en tannie Diela, en almal wat daardie kant vir Oupa en Ouma ondersteun en dra. Ek wens so dat ons nader was om hulle sommer net vas te druk!


Ons is baie lief vir Oupa! Word gou gesond!

No comments: