Saturday, May 8, 2010

Vir al die Moeders

Vader, skenk aan hierdie spesiale vrou die krag om ALLES te kan vermag wat hierdie week verwag word van haar...Leer haar om net 'n bietjie vir haarself te lag en aan te hou om haar glimlag met ander te deel. Maak haar ELKE sekonde bewus van die Skepping se prag en laat haar NOOIT twyfel aan U mag en haar YOU-niqueness nie!!! Ek bid dit in die Naam van my Vriend en Verlosser, U Seun, Jesus. Amen.xxxx
Vandag wens ek my Moeder, Ouma, Tannies, Vriendinne en elke ander ma wat ons blog lees 'n vreugdevolle en vredevolle Moedersdag toe! Mag julle mense vandag waarlik julle waarde besef en wéét: " 'n Ma is werklik 'n engel van Bo!" Hope bederf en liefde vir julle vandag, en elke dag.




No comments: