Tuesday, December 22, 2009

By die see!!

Ons drie is erg opgewonde oor die see!

Pappa bring die boogie boards en die graaf.
Pappa Japie verduidelik vir Odélia hoe om te boogie!
Oupa Pieter help ook. Dié boogie ding verg baie oefen...
Van die huisie se gras af kan ek die spul lekker lê en dophou.
Pappa Japie vang 'n ruskansei op die lang wit strand.
Tyd vir sandkastele bou.
"Dit lekke by die lee, mamma!"
Darem tyd vir 'n ou soentjie vir my beste mamma so tussen die sand deur.
Ousus help om die sand van "Nané af te hose" na ure op die strand.
"Ek sal die leader wees, pappa. Ons moet eers vir die karre oppas. Dan kan ons gaan ice cream koop."
I scream, you scream, they all scream for ice cream!

Friday, December 18, 2009

Kersfees Kom!

Die meisiekinders het hierdie jaar die voorreg gehad om die Kersboom self op te maak. Hulle het hulle gate uit geniet!






Monday, December 14, 2009

Prysuitdeling

Odélia se skool se prysuitdeling was vandag. Ek en Pappa Japie en die twee klein sussies was daar om vir Odélia te ondersteun. Ons is met breë skouers daar weg!



Odélia se partytjie!

Die Garden Party het toe nou maar 'n Garage Party geword, want dit wou kom reën! Maar gelukkig het dit later oopgetrek en kom die kinders lekker buite speel!
Die cupcakes.
Die Koek.
Die verjaarsdag Girl.
Die sussie.
Die ander sussie.
Die geskenke.
Die maatjies.
Die kersies.
Die einde!

Saturday, December 5, 2009

Happy, Happy birthday ouma Nerda se grootste poppie. Oumi is sooooo soooooo trots op jou.
Jy's vir my so fraai. Baie geluk ouma glo die jaar gaan vir jou so mooi wees, en ek weet sommer al jou droompies en wense gaan waar word. Soet weet Ouma kom een van die dae kuier, ek belowe.
Lief vir julle almal

Wednesday, December 2, 2009

The Big Bad Wolf....

Odélia se skool het elke termyn 'n tema. Al hulle werk in daardie termyn het dan betrekking tot dié spesifieke tema. Verlede termyn was hulle tema Feë verhale en hulle het alles van rympies tot opvoerings gedoen. Hulle leesboeke en skryfwerk het ook daaroor gegaan. Hier is 'n prentjie wat sy met pastelle geteken het. Dis die wolf van die Drie Varkies.