Thursday, July 30, 2009

Jiggie jipppppeeeee ma julle nuwe kar is darem rerig te grent. Sus dit lyk nou
na somma 'n bakgat kar. Ek glo nie julle gat sommer weer een koop nie. Baie
Baie geluk. Wanneer jy eers eenmaal 'n bussie gery het, koop jy nie sommer
weer 'n plat kar nie. Dis rerig lekker bederf. Baie dankie ook vir die foto's
van Jaap se jaarsdag. Ek gat sommer nou dalik geldjies insit. Koop blief
vir hom 'n ietsie spesiaaaaaal van die ou sko0nma af. Ek mis julle almal
baie. Gebruik sommer die anne geldjies vir jou vir 'n ietsie.
Wat van 'n lekker stuk spare rib?
Kyk hoe lekker lyk die kaggelvuur. Ag mamma wens ons kon die dinge meer deel.
Kyk net hoe mooi lyk sus se hare nou. Ons was gou Potchefstroom toe vir shopping.
die naels en en...

Tannie Nita se Kuier

Hier is ek, Ou Monica en Tannie Nita erg besig met gaste se kossies. Ons het te lekker
gekuier. Ek se vir Oom Deon ek was rerig geseend die jaar. My kinders uit New Zesaland
het kom kuier en my sussie uit Amerika. Wat 'n lekker bederf.

Wednesday, July 29, 2009

Ons nuwe bussie

Sy is bietjie vuil, want dit reën mos hier.


Sitplekke is los, nie net een bank nie. Elke sitplek se gordel kom ook van die skouer af.


Glydeur aan altwee kante. Lekker om kiddies in en uit te laai.


Lekker baie plek in die boot.

Ons gaan nog baie plesierige myle met haar ry!!

Wednesday, July 22, 2009

Pappa Japie verjaar!

Japie gaan nou al voor 6 in die oggende uit. So ek moes die 3 meisiekinders vroeg wakker maak vir Pappa Japie se verjaarsdag. Odélia vryf nog slaap uit die oë en Joanné sê haar "hale is koekelasies, mamma."


Annika wys vir pappa sy nuwe sokkies.
"Kyk jou kaartjie, pappa!"
"Pappa, jou happy birthday!"
Pappa Japie was baie opgewonde oor sy verjaarsdagkoek. Cuppacino Truffle Koek.
Die eindproduk van 'n dag se harde werk. Als met die hand gemaak, truffels en al!

"Veels geluk liewe pappa, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog
baie jare spaar!"

Baie baie geluk my man. Dankie vir die wonderlike pa wat jy vir my kinders is, en dankie dat ek jou my beste maat kan noem! Ons is baie lief vir jou.
XXXXX

Sunday, July 19, 2009

Kolwyntjies bak

Ek was nou die middag besig om gou vir die kids kolwyntjies te bak, toe Thea gou hier stop vir 'n koffietjie. Hulle het nog vars uit die oond gekom, en toe laat ons sommer elkeen sy eie kolwyntjie versier. Wat 'n taai spul!