Wednesday, July 22, 2009

Pappa Japie verjaar!

Japie gaan nou al voor 6 in die oggende uit. So ek moes die 3 meisiekinders vroeg wakker maak vir Pappa Japie se verjaarsdag. Odélia vryf nog slaap uit die oë en Joanné sê haar "hale is koekelasies, mamma."


Annika wys vir pappa sy nuwe sokkies.
"Kyk jou kaartjie, pappa!"
"Pappa, jou happy birthday!"
Pappa Japie was baie opgewonde oor sy verjaarsdagkoek. Cuppacino Truffle Koek.
Die eindproduk van 'n dag se harde werk. Als met die hand gemaak, truffels en al!

"Veels geluk liewe pappa, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog
baie jare spaar!"

Baie baie geluk my man. Dankie vir die wonderlike pa wat jy vir my kinders is, en dankie dat ek jou my beste maat kan noem! Ons is baie lief vir jou.
XXXXX

No comments: