Saturday, February 28, 2009

Thursday, February 19, 2009

Skoolwerk...


Bo -aan die prentjie is eintlik haar naam. Die l en die i
bietjie omgeruil. Oops, en die W is eintlik 'n N vir Nortjé, mamma!


Sunday, February 15, 2009


Sus OUpa Donna se jy moet bietjie 'n nuwer foto van ons ou tweejies opsit. Ek wetie of
die een beter is nie.
Ag toggie kyk my hare is al twee keer gesny en...... ek swot nou eers 'n maand. Wat gaan van hulle oor wees die einde van die jaar? Ma dis so lekker om jonk te wees. Elke sondag stiek ouma
Donna ons slush puppies. Odelia jy en jou twee sussies moet julle ma reg maak vir 'n lekka
bederf hier by ons. Meka se sy is reg vir 'n swem en Oupa se hy sal sorg dat die swimming
pool lekker warm is. Marijon sal die kommertaar lewer met haar sagte stemmetjie en Oumsie
sal sorg vir die maagies.
Muguette het vir ons kom kuier om ons te help met die oplaai van foto's vir die internet van die gastehuis. OOk met die maak van kaartjies en 'n borsjure. Die twee niggies het lekka gekuier

Nog "happyniss" Jipeeee

Raaai wie kom Suid Afrika toe

Ons het eergister die wonderlike nuus gekry. Dit was seker een van my mooiste dae.
Baie dankie Jaapsie en Landi. Lan en Jaap met die drie kiddies kom vir ons kuier. Ek wetie hoe gaan ons die dae tot die 12 Maart omkry nie. Jipeeeeeeeeeee Lekka vir ons

Sunday, February 8, 2009

Tuesday, February 3, 2009

My eerste Skooldag!!!

Waitomo Caves

Die Waitomo Caves is 'n baie populêre toeriste aantreklikheid hier in NZ. Dit is nie ver van ons af nie, en Japie en ek het die kinders daarheen gevat voor ons see toe is. Binne in die Caves mag ons glad nie fotos neem nie, want dit skrik die gloeiwurm af en dan sit hulle hulle "liggies" af. So die fotos van die binnekant van die Caves is poskaarte.

Buite die caves.

Die deel van die Caves waar ons kon loop, laat my baie aan die Kango grotte dink. Dit is regtig mooi.


Dan, na die stap toer, klim almal op 'n boot vir die 'highlight' van die Caves. Die gloeiwurms by hulle duisende, bly diep binne in die grotte. Snags, wanneer die koue lug oor die rivier waai, bring die lug goggatjies in die Caves in waarvan die gloeiwurms leef. Soos wat die gids verduidelik het, is dit eintlik die gloeiwurms se mis wat so gloei. Wannneer hulle kos verteer skei hulle ensieme of iets af wat maak dat hulle boudjies skyn. So sê Diela. Wanneer hulle skrik of aan lig blootgestel word het hulle die vermoë om hulle liggies af te sit.

Die ander ding wat baie interressant is van die wurms, is dat hulle net soos spinnekoppe hulle webbe spin, ook 'n tipe draadjie spin wat lyk soos doudruppels. Wanneer 'n goggatjie dan aan die draadjie vasvlieg en die draadjie beweeg, weet die wurmpie hy het ietsie gevang. Dan trek hy sy draadjie op en eet die goggatjie. Daar hang miljoene van die draadtjies oral oor die grotte.

Die kinders het dit vreeslik geniet, al het Joanné maar net gedink dit is sterretjies. :-)