Tuesday, February 3, 2009

Waitomo Caves

Die Waitomo Caves is 'n baie populêre toeriste aantreklikheid hier in NZ. Dit is nie ver van ons af nie, en Japie en ek het die kinders daarheen gevat voor ons see toe is. Binne in die Caves mag ons glad nie fotos neem nie, want dit skrik die gloeiwurm af en dan sit hulle hulle "liggies" af. So die fotos van die binnekant van die Caves is poskaarte.

Buite die caves.

Die deel van die Caves waar ons kon loop, laat my baie aan die Kango grotte dink. Dit is regtig mooi.


Dan, na die stap toer, klim almal op 'n boot vir die 'highlight' van die Caves. Die gloeiwurms by hulle duisende, bly diep binne in die grotte. Snags, wanneer die koue lug oor die rivier waai, bring die lug goggatjies in die Caves in waarvan die gloeiwurms leef. Soos wat die gids verduidelik het, is dit eintlik die gloeiwurms se mis wat so gloei. Wannneer hulle kos verteer skei hulle ensieme of iets af wat maak dat hulle boudjies skyn. So sê Diela. Wanneer hulle skrik of aan lig blootgestel word het hulle die vermoë om hulle liggies af te sit.

Die ander ding wat baie interressant is van die wurms, is dat hulle net soos spinnekoppe hulle webbe spin, ook 'n tipe draadjie spin wat lyk soos doudruppels. Wanneer 'n goggatjie dan aan die draadjie vasvlieg en die draadjie beweeg, weet die wurmpie hy het ietsie gevang. Dan trek hy sy draadjie op en eet die goggatjie. Daar hang miljoene van die draadtjies oral oor die grotte.

Die kinders het dit vreeslik geniet, al het Joanné maar net gedink dit is sterretjies. :-)

No comments: