Friday, January 23, 2009

Lekker ou see!

Ons was dié week bietjie weg met die kinders. Ons het eers gedink om hulle na die Waitomo Caves toe te vat. Daarvandaan is ons Raglan toe. Raglan is aan die weskus van die Noord eiland, en is net so 140 km van ons huis af. Dit is nogal 'n lekker vakansie dorpie. Voel baie soos Hiberdene het Japie gesê.

Ons eerste middag in Raglan het ons blyplek gesoek en daarna die kinders bietjie na die lagoon toe gevat on tog net die sand bietjie te voel!

Odélia het hierdie kiekie van my en Japie geneem. Sy is nogal oulik met die kamera.

Odélia het natuurlik eerste begin skulpies optel.

Joanné.

Annika hardloop om haar "sheeshells" in pappa se sak te sit.

Die klompie het dit tot gewaag om bietjie voete nat te maak!


Die volgende dag was dit maar bewolk en winderig. Maar ons is maar nog steeds strand toe. Kyk hoe swart is die sand aan die weskus.


Dit was Joanné en Annika se eerste regtige see ervaring. Die klomp het dit baie geniet.

Sandkastele bou!


Joanné sê dis lekke by die see!

No comments: