Wednesday, August 20, 2008

Handjies klap, koekies bak...

Vandag was dit my vriendin, Carol, se beurt om die Playcentre oop te sluit. Ons het 'n rooster waarop elkeen 'n beurt kry. Dan moet jy vroeër daar wees om oop te sluit en alles regkry vir die sessie soos klei maak, die verf uitsit, en nou in die winter die verwarmers aansit sodat almal nie verkluim nie!! Vandag het Carol in plaas van klei, koekiedeeg gemaak. Die kinders was erg in hulle noppies om self te kon koekies bak. Dit is Carol se dogtertjie in die foto saam met Odélia. Haar beste maaitjie.

Haar naam is Mialee en sy en Odélia was omtrent voor in die koor met die koekie bakkery.



Annika het deesdae 'n vreeslike snaakse "fase" aan haar. Sy hou nie regtig daarvan dat jy 'n ophef moet maak van wat sy doen nie. Weet nie of dit nou maar net skaam is of wat nie. Kyk net die gesig!



Annika het 'n sterretjie koekie gebak. Kyk net hoe versigtig werk die vinigertjies.

Annika deel 'n bietjie deeg met Joanné.

Joanné het die bakkery ook vreeslik geniet. Sy sit eers mooi en kyk wat die ander doen, en dan begin sy hulle volg. Eers die deeg bietjie plat druk......



En dan 'n driehoek vormpie vir die koekie......

Na middagete was hulle baie trots om hulle eie koekies te kon eet. Die koekies het toe ook vinniger verdwyn as was ek kon hardloop vir die kamera om die eindproduk te kon afneem!




Tuesday, August 19, 2008

Die Nuwe Mosaik







Ag toggie uiteindelik is die ook klaar. Wat dink jy Sus?



Die mosaik het Mamma op die nuur gedoen by kamer nr 1. Ek het tot ou klipertjies en teels gebruik wat ek oral op getel het. Die blou teels het Oupa nog van Holland afgebring toe ek so groot soos Odelia was. Lol het jy al jou bank oorgetrek? Stuur asb fotos van die as jy het. Ek stuur oook sommer 'n foto van die ou vaal winter hier by ons en my ou paar kleurtjies innie tuin.

Nuwe baba


Odelia se maatjie wat sy spesijaal uit gekies het, en haar nuwe maatjie.

Die kattie het nogie 'n naam nie. Ouma stuur die foto van haar sodat julle

'n naam vir haar vir ouma kan stuur. Sal julle asb. Sy is nog net vier dae

hier en kyk net hoe lekker le sy en Meka.

Parti




Nog fotos van die res van die familie Lolla kyk na die mooi glasie! Spisinjaal net vir jou my kind.

Deon verjaar


Deon verjaar en word 54, gits jong is gebore 1954 en toe word hy ook nog 54 die jaar. Al die pella, Marijon en Dalyn en Sammie met die nuwe baarmoeder 7weke oudjie was hier. Net jammer Jaapsie en Lan en my drietjies was net in ons bedagtes hier.