Wednesday, August 20, 2008

Handjies klap, koekies bak...

Vandag was dit my vriendin, Carol, se beurt om die Playcentre oop te sluit. Ons het 'n rooster waarop elkeen 'n beurt kry. Dan moet jy vroeër daar wees om oop te sluit en alles regkry vir die sessie soos klei maak, die verf uitsit, en nou in die winter die verwarmers aansit sodat almal nie verkluim nie!! Vandag het Carol in plaas van klei, koekiedeeg gemaak. Die kinders was erg in hulle noppies om self te kon koekies bak. Dit is Carol se dogtertjie in die foto saam met Odélia. Haar beste maaitjie.

Haar naam is Mialee en sy en Odélia was omtrent voor in die koor met die koekie bakkery.



Annika het deesdae 'n vreeslike snaakse "fase" aan haar. Sy hou nie regtig daarvan dat jy 'n ophef moet maak van wat sy doen nie. Weet nie of dit nou maar net skaam is of wat nie. Kyk net die gesig!



Annika het 'n sterretjie koekie gebak. Kyk net hoe versigtig werk die vinigertjies.

Annika deel 'n bietjie deeg met Joanné.

Joanné het die bakkery ook vreeslik geniet. Sy sit eers mooi en kyk wat die ander doen, en dan begin sy hulle volg. Eers die deeg bietjie plat druk......



En dan 'n driehoek vormpie vir die koekie......

Na middagete was hulle baie trots om hulle eie koekies te kon eet. Die koekies het toe ook vinniger verdwyn as was ek kon hardloop vir die kamera om die eindproduk te kon afneem!




No comments: