Monday, October 6, 2008

Die Nuwe Kidergarten

Ek en Japie het dit goed gedink om Odélia en Annika te skuif van die Kindergarten in Taupo, na 'n nuwe Kindy in Tokoroa. Tokoroa is nader aan ons en daar is mammas in die omgewing wie se kinders ook hierheen gaan, en dan kan ons beurte maak met die ryery.

David Henry Kingergarten.

Die Kindy van voor.

Die Sandpit area is heeltemal toe met skadunet. Hulle is baie 'son skerm' bewus. Die kinders word in die somer nie buite toegelaat sonder 'n hoed en sonskerm nie.


Die klim en klouter apparaat buite.


Verf en plak stasie.

Kyk net hoe hang al die prente wat geskilder is die hele plek vol.


Deel van die binne speel area.

Die badkamer.


Pappa Japie help legkaarte optel met "tidy-up time".



Liedjies sing op die mat voor die mammas die kinders kom haal aan die einde van die dag.


No comments: