Monday, September 6, 2010

Honey Hive en Huka Falls

Die Waikato rivier is die grootste van NZ se reviere en loop van Taupo tot bo in Auckland. Hy loop sommer hier 8km van ons af verby deur Mangakino. Net buite Taupo, is die Huka Falls.
Dis beautiful en die water is ysblou. Ook yskoud, want die ys van die berge smelt en loop in Lake Taupo in, en dan in die Waikato rivier in.

Ek en die meisiekinders.
Ouma en die meisiekinders.


Die Honey Hive is 'n oulike winkeltje buite Taupo waar jy omtrent enige ding onder die son kan koop wat met heuning gepaard gaan. Die kids staan gou vir 'n bytjie-foto.

En ouma ook.


Van Lavender Heuning, tot velsorg en liquer. Hier is te veel om van te kies.

Sunday, September 5, 2010

Terug op die lug!

Met kalfseisoen so besig het die blog skandelik agterweë gebly. Ek het nou besluit dis tyd om weer almal op datum te bring. Hier is wat julle gemis het!

Ouma Gerda se kuier!!!!

Wag geduldig vir ouma om aan te kom.

Odélia wys solank vir ons waar sy dink ouma se vliegtuig gaan land.

Jippeeee!

Ouma word gepamperlang.