Tuesday, March 30, 2010

















Kaap en Augus 2010


Mamma stuur sommer ook van die mooi ou Kaap en van die Augus vir julle

ook fotos. Mamma het 14de gekom van 509 van my ouderdom vroue.

Overall 4400/29750 en 256/5172 Vroue. En toe kuier ons in die Kaap


Marijon se ongeluk


Marijon se eerste en hoopelik die laaste ongeluk. Die ou Jazzie lyk ma oes, maar kyk net hoe lyk ou sussa. Lekker dik brekkie. Gelukkig, dankie tog Liewe Jesus kan ons nou daaroor lag.

Monday, March 29, 2010

Tirau

Ons is Sondag oggend Gordonton om iemand met wie Japie 'n onderhoud gehad het te gaan sien. Oppad terug het ons in Tirau gestop. Dis 'n klein ou dorpie met net 'n handjie vol winkeltjies. Al die winkels se signs is van corrugated iron gemaak. Baie oulik. Die kinders het dit vreeslik geniet om al die ditjies en datjies te sien.

Die hond is die informasie sentrum. Langs die hond is ook 'n reuse skaap. Dit is 'n winkel wat hoofsaaklik wol klere verkoop.
Granny Smiths!

Alley Cats - Interior


Die herder langs die kerk.

Die kafee.

Poppy's Coffeshop.Die garage.
DThe Clock Peddler.
Die drankwinkel.

Silver&some - hierdie winkeltjie verkoop die mooiste silver juwele en ons kannie wag om vir ouma Gerda hierdie winkeltjie te wys as sy kom kuier nie!!

Monday, March 8, 2010

Die vissies en die ryk meisies

Hi Odelia, Jiggie ma ouma is so trots op jou en jou sussies. Ek hoop rerig die
muis wat jou tandjie gekoop het was ryk. Wads hy? En daai mooi video van
die swemmery. Julle is rerig baie oulik en wens so ek kon dit alles sien
en daasr wees. Ouma verlang nou erg

Saturday, March 6, 2010

Swem Jannie, swem!!

Odélia hulle het Vrydag "swimming sports" by die skool gehad. Die jaar 1,2 en 3 kids word in drie groepe verdeel. (Volgens hulle vermoë om te kan swem). Odélia is in die Sharks groep, en een van net twee jaar 2 kinders tussen die jaar 3's. Hulle swem net om te kan wys wat hulle sover bemeester. Die ouer kinders swem vir plekke en gaan dan verder om teen ander skole te kompiteer.

Hier doen hulle "hand stands".





Nou moet hulle wys hoe om onder die water te swem. Maar ag, die goggles pla meer as wat dit help. Odélia is hier teen die swembad se rant.