Sunday, May 31, 2009

Sommer net die kids....

Die drie musketeers.

Kierrie-been.

Kalahari kat.

Muis.


Sunday, May 10, 2009

Moedersdag

Ek wil graag my moeder en ouma en al die ander moeders 'n baie gelukkige moedersdag toewens. Moeders is nou maar eenmaal geskenke van Vader. Ek mis myne te veel! Hier's 'n paar kiekies van my moedersdag. Baie lekker dag gewees.
Ek kry geskenke 5:50 in die oggend. Dié dat ons almal so vaak lyk....Ek het twee stelle pajamies en 'n nuwe kamerjas gekry (wat ek moes aantrek) en 'n lekker giftcard van my man.

Die kids smeer my toast onder pappa se toesig.

My bed was reeds opgemaak, toe eet ons maar breakfast on bed pleks van breakfast in bed!


Nie dat ek veel van my eie breakfast te ete gekry het nie!


Ons is toe almal dorp toe. Hier is die klompie te spoggerig met hulle nuwe baadjies. PS: Dis vrek koud in NZ!

Ons wou gaan fliek, maar die fliek wat ons wou sien het te laat die middag begin, so dit is uitgestel na volgende naweek. Toe kies die kids om my McDonalds toe te vat na ons shopping spree. Annika het hierdie foto van my en Diela geneem terwyl ons vir pappa gewag het.

En toe kry Diela weer 'n beurt om my, Joanné en Annika af te neem.

Baie dankie my drie pragtige meisiekinders vir 'n baie lekker dag. Ek is baie baie lief vir julle. En dankie pappa Japie dat jy hand bygesit het om die dag vir my spesiaal te maak. Lief vir jou.