Sunday, November 23, 2008


Ag toggie Sus kyk net hoe moeg is die ou tweetjies nou. Hulle word tog nou so gou oud.
Ek word skoon hartseet. Willie so oud word nie.l
Hierdie drie kabouters gaan die mannetjie wat da saam met oupa staan help? Weet julle
wat gaan hulle doen? Kyk net hoe vrolik en lekker lag die outjie in die middel.

Ons het vir oumi en oupi Lifestyle toe gevat. Kyk net hier vir OUpa Dona ma Donna

Die foto is spesiaal net vir julle drietjies. Kyk wie staan hier by oupa? Weet julle wie
dit is. Raai!
Ons, ek en OUpa Donna het oupi hulle getreat op pad huistoe en by Lifestyle te stop en
daar rond te loop en te eet. Kyk net hoe mooi is die blomme. Dit is net rye en rye blomme.
Sus ons was eintlik in 'n krech. 'n Kar het die robot vanmiddag geskip, toe slaan 'n ander
kar hom, tol 360 en gly toe reg teen ons vas. Dit lyk of hy net mooi netjies styf, styf teen
ons kom park het. Ons het vir oumi hulle gaan haal om bietjie hi te kuier. Oupi het eers
na die tyd agtergekom ons was in 'n krech, Ag shame.
Tannie Delia het nou net die foto van haar nuwe skildery vir my gestuur. Nice
ne? Ek wens net ek kon da by die lekker water gaan le, en net niks doen en
worry nie.

Friday, November 21, 2008

Die agtiende

Marijon het nie niks op haar verjaarsdag gekry nie, nbehalwe haar .............. LISENSIE. Jippie
Sy het ook maande, en dae voor die dag reeds piersietjies gekry. Onthou die kar en en.
Geluk Sus nou kan sy ry. En kan sy......

Meka en Oupa

Kyk net hoe lekker swem ons. Meka is mal daaroor om te swem. As daar net iets
in die water is, duik sy in. Sy druk haar hele kop (oe, ore, neus en al) onder die
water in om te soek na haar speelgoed. Dit lyk nes 'n eendjie. Te dierbaar. Die
kinders sou so lekker in die water met haar gespeel het. sy swem sommer al
7 uur in die oggend, of laat in die aand.

Kyk net hoe mooi

Ek was onlangs by tannie Nita hulle (nog voor sy oorsee gegaan het) en moes
iets by hulle shopping sentrum gaan koop. Ek dink dit was die dag net voor sy
gevlieg het. Kyk net hoe mooi is die tuintjie by die sentrum. Lekker ou sonnige
Suid Afrika. Ons land kan darem mooi wees ne.

Oupa Donna

Kyk net hoe lekker slaapies die twee. Hulle het seker by mekaar geleer om
so te doedoe.

Wednesday, November 19, 2008

Happy bifday sista!


Hi Sus, baie baie geluk met jou verjaarsdag. Ek verlang soooooo baie na jou. Ek hoop jy word vandag sommer baie bederf. Ons is baie lief vir jou. Mwha!

Tuesday, November 18, 2008

Die Tier!

Hallo julle, ontmoet vir TIGER !
Een van die kinders by die playcentre het die kattie gister hoor miaaw onder die gebou. Ons mammas was te groot om onderin te kruip, maar Michael was braaf genoeg. Hy het die kiets gered. Sy mamma het hom weggegooi en die ander wou hom nie hê nie, nou ja, toe kom hy maar saam met ons huis toe. Ek het die kinders gesê ons sal eers vir pappa vra, en as pappa sê nee, moet ons vir hom 'n ander huisie soek. Hulle het ingestem.



Tiger is gebad en hulle het lekker met hom gespeel gisteraand saam met pappa.



Vanoggend het Japie die kinders so net voor ses wakker gemaak en gesê hulle moet hulle baba kom voer. Nou is daar groot vreugde in die huis, want Tiger mag dan nou bly.

Arme kat!