Sunday, September 28, 2008

Sebil se operasie

Soos julle weet word Sebil vanaand geopereer in Hamilton. Hulle gaan 'n defribbilator onder haar linker skouerbeen, so net onder die vel inplant. Die apparaat sal 'n draadjie hê wat tot reg in die hartkamer gaan, sodat wanneer haar hart onreelmatig klop, dit die hart sal skok om weer met 'n normale ritme te klop. Julle kan meer oor haar operasie lees op http://www.verinniewereld.blogspot.com/


Ons wil vir Sebil en Johan baie sterkte toewens. Ons glo dat Vader julle sal bystaan en dat jy sommer gou sal herstel, Sibs. Ons vra dat julle almal vir Sebil sal opdra in julle gebede vanaand. Ons is baie lief vir jou, Sibs. En ons dink aan jou.

Daylight saving

Hallo julle almal. Ek wil net vir julle laat weet dat ons Daylight saving hier in die land van die Silver Varing gister begin het. Dit beteken dat ons nou weer 11 ure voor SA tyd is. Ons het maar almal swaar gekry met die uur slaap wat ons verloor het, en die kinders verstaan nie mooi hoekom hulle dan moet gaan slaap as dit nog nie donker is nie. Maar nou ja, dit is nou maar so. Lief vir almal daar. Mwha!! XXX

Thursday, September 25, 2008


Somma net nog fotos - geniet


Richard se 30ste



Kyk na die wille klomp. die woensdag na die 21ste toe partikie ons weer. dit was mos Heritiesh day en toe moes ons plot toe om Richard (Tanna Hanna se middel kind) se 30ste te vier. Toe moes ons weer hoede opsit. Nou gat ons rus. Ouma enOupa het vir vier daggies hier gekuier, toe vat ek hulle weer terug. Ouma het ook vandag weer Yster gekry. sus maar hulle is ma gedaan. Hoop jy lees en kyk lekker en geniet julle pakkie.



Gareth se 21st




Gareth het die naweek een en twintig geword. Ons moes almal aantrek soos die eerste letter van ons name. En raai wie was ons? Oupa Donna 'n devil, Ouma 'n goast, Marijon 'n ?????? en Arrie Aladin. Ek stuur ook sommer van die pelle. Kyk of jy kan se wie is wie.

Marijon se operasie


Marijon het die simpatiese senuwee laat afknip in 'n poging om die sweet van haar hande te verminder. Sy is Donderdag, twee weke gelede gedoen. Kon al die Vrydag huistoe kom met lekker warm droe hande. Die steke is reeds verwyder en nou is sy sommer weer perdfris.

Saturday, September 20, 2008

Melk saam met mamma

Dinsdag middag was daar 'n krisis met werkers. Twee op verlof en een siek. Toe moes ek maar inspring. Gelukkig is die nuwe stal baie "kinder vriendlik". So die drie is toe saam af stal toe met hulle "wet weather gear" en boots.


Ek het gedink klei sal 'n goeie manier wees om hulle besig te hou. Toe maar die tafeltjie op die bakkie gelaai. Joanné het die kleispelery baie geniet en was min gepla met die koeie.


Tussendeur het Annika ontsnap om saam met oupa Pieter die kalfies te gaan kyk en die volgende groep koeie te haal. Hulle was nog geluklkig genoeg om langs die pad 'n hasie te sien


Odélia het die heeltyd vir pappa "gehelp"...... Ek dink sy het die koeie meer verjaag as enige iets, maar dit het nietemin goed gegaan. Dit was verbasend malkik met die kinders daar. Sal dit weer doen as dit moet. Hulle geniet dit baie.

Wednesday, September 17, 2008

Ekke stuur solank die ou ou foto. Gat later vir jou 'n before en after stuur.xxxxxxxxxx

Mamma Landi Verjaar


Hi My Lolla Pod,


Baie baie geluk met jou verjaarsdag. Ek hoop en weet somma dat almal dit vir

jou baie lekker gaan maak. Stiek vir jou en my kiddies en jou pelle somma 'n

lekka ietsie en weet ons dink aan jou en mis julle geweldig. Gits jong ek moet

se ek is nogal baaaaaaaie bly dit issie 1980 die tyd nie. Kan jy dink. Jy was die

mooiste mooiste ou poepsie. En toe, en toe word jy ok 'n mamma. Se die

kids moet vir jou 'n modde koekie bak. Baie liefde, Mamma, Oupa Donna en

Sus.

Monday, September 15, 2008

Oupa Donna kyk TV saam met sy diere


Odelia kyk net hoe sit Oupa Donna ma donna en kyk TV Ou Tienkerbell en Mega speel te lekker op oupa se skoot. Hulle wil nie TV kyk nie maar eerder speel. Tienkerbell het groot geword ne?

Sy karnuffel lekker vir Meka. Hulle gaan groot maatjies word.

Saturday, September 13, 2008


Odelia Ouma sal eers more nog fotos neem van kattie (Tienkerbell) en

Mega, dan gaan ek dit vir jou stuur. Ek stuur maar solank die fotos van die twee, outjies

op hul motorfiets. Lekker ry. Kyk net hoe klein was jy nog, het nog doekie gedra toe ry jy al motorfiet. Oulik ne.

Odelia en Oupa Donna ry motorfiets


Sunday, September 7, 2008

Annika Verjaar

Baie baie geluk Annika my liefste poppie. Ouma Gerda, Oupa Donna en Marijon hoop
jy het so 'n lekker dag gehad. Ons mis julle baie en is rerig lief vir julle.
Hier is nou 'n video spesiaaaaaal vir jou.

Wednesday, September 3, 2008

Nuwe Loodglas







Kyk nou net. Ek is mos nou op penshin en nou maak ek vir die muur hie by die voordeur, 'n office sodat die gaste kan weet wa is die offici. Ek moes natuurlik alles nuut gaan koop, dis nou die tools, want die goed hi in suidafrika kry mos voete. Ma nou is ek weer erg terug. Oom Johan gat dan die office in 'n raam sit, met 'n liggie agter in. Gat mooi lyk ne? Ek stuur somma ook fotos van die tuin dan kan jul sien hoe lekka is dit al amper soooooomer hi.

Naweek by Oupa en Ouma GROOT


Ek en Oom Donna Ma Donna het die naweek by oumie-hulle

gaan kuier. Marijon moes by die huis bly en leer RTT en

Engels. Rtt is mos Rekenaar Tegnologie. As shame.

Ek stuur die foto van oumie-hulle. Dit is nie 'n baie

mooi duidelike foto nie, ma darem kan julle hulle sien.

Ons het hulle vir ete uitgeneem. Ag hulle geniet dit altyd

so. Sus jy weet mos, Oumie kan die slegste ding eet, ma sy

eet dit mos altyd so met smaak dat almal om haar ook lus kry vir dit wat sy eet. Alles wat oorbly gat nauutlik huistoe vir later.