Odélia se skool het die 23ste Okt 'n AgDay. Dan moet al die kinders hulle troeteldiere skooltoe bring. Dit sluit nou kalfies en lammetjies, die gewone soos honde en katte, en selfs die ongewone soos "lizards" en miere in!
Om voor te berei vir dié groot affêre is nogal skrikwekkend. Die diere moet nou heeltemal mak gemaak word. Kinders met kalfies se kalfies moet so mak wees, dat hulle deur 'n "hindernis baan" gelei kan word. Die kinders moet ook presies alles kan vertel van hulle diere. Watter tipe "breed", wat hulle gevoer word en wat hulle daagliks met die diere doen. Dan is daar beoordelaars en pryse word toegeken aan die beste diere en hulle eienaars.
Dan mag die voorskoolse boeties en sussies ook deelneem. Hulle stap ook met hulle troeteldiere om die veld en kry dan elkeen 'n Strikkie en 'n lollipop. Nou ja, dan het ons nou vir Sally. Sally is 'n wees-lammetjie. Haar mamma is met geboorte dood. Sy was maar pieperig aan die begin, en het so ewe langs die kaggel moes slaap in die aand. Sy word vier maal per dag gevoer.
No comments:
Post a Comment