Sunday, September 28, 2008

Sebil se operasie

Soos julle weet word Sebil vanaand geopereer in Hamilton. Hulle gaan 'n defribbilator onder haar linker skouerbeen, so net onder die vel inplant. Die apparaat sal 'n draadjie hê wat tot reg in die hartkamer gaan, sodat wanneer haar hart onreelmatig klop, dit die hart sal skok om weer met 'n normale ritme te klop. Julle kan meer oor haar operasie lees op http://www.verinniewereld.blogspot.com/


Ons wil vir Sebil en Johan baie sterkte toewens. Ons glo dat Vader julle sal bystaan en dat jy sommer gou sal herstel, Sibs. Ons vra dat julle almal vir Sebil sal opdra in julle gebede vanaand. Ons is baie lief vir jou, Sibs. En ons dink aan jou.

Daylight saving

Hallo julle almal. Ek wil net vir julle laat weet dat ons Daylight saving hier in die land van die Silver Varing gister begin het. Dit beteken dat ons nou weer 11 ure voor SA tyd is. Ons het maar almal swaar gekry met die uur slaap wat ons verloor het, en die kinders verstaan nie mooi hoekom hulle dan moet gaan slaap as dit nog nie donker is nie. Maar nou ja, dit is nou maar so. Lief vir almal daar. Mwha!! XXX

Thursday, September 25, 2008


Somma net nog fotos - geniet


Richard se 30ste



Kyk na die wille klomp. die woensdag na die 21ste toe partikie ons weer. dit was mos Heritiesh day en toe moes ons plot toe om Richard (Tanna Hanna se middel kind) se 30ste te vier. Toe moes ons weer hoede opsit. Nou gat ons rus. Ouma enOupa het vir vier daggies hier gekuier, toe vat ek hulle weer terug. Ouma het ook vandag weer Yster gekry. sus maar hulle is ma gedaan. Hoop jy lees en kyk lekker en geniet julle pakkie.



Gareth se 21st




Gareth het die naweek een en twintig geword. Ons moes almal aantrek soos die eerste letter van ons name. En raai wie was ons? Oupa Donna 'n devil, Ouma 'n goast, Marijon 'n ?????? en Arrie Aladin. Ek stuur ook sommer van die pelle. Kyk of jy kan se wie is wie.