Thursday, October 23, 2008

Die laaste projek

Glo dit as jy wil, maar op die laaaaaaste sondag aand 8 uur moes ons die laaste projek
vir die ontwerpkuns begin. Sus ek sou tog die toegelaat het. Jy weet mos ek laat julle
altyd jul eie projekte doen, wat staan nog help of doen en dit op 'n sondagaand. Maar nou Ja
so word 'n mamma mos ma later met die ouderdomme. Ma dit lyk nogal mooi ne? Sus
moes iets vir die onderwerp Ons Erfnis doen. Toe bou ons ma die landsvlag met loodglas.

Die Matriek Afskeid

Goed Hi begin ons. Eers moet die hare gekleur word om presies by die nuwe Jessica
Simpson haarstuk te pas. Ou Blommie is nog lekker plomp na haar baby.

Wednesday, October 15, 2008

Idees vir fotorame


Hier is 'n foto van die drie rame wat los is van mekaar. dan sit hulle die rame alles op
dat dit lyk soos een. Mamma weet dit is duur, maar dit lyk altyd net so veel mooier. Ek sal help betaal. Kyk nou na die eindproduk

Die werkies by Gastehuis



Ag Sus man ek is lekker vaak. sorrie vir die fotos wat ek verkeerd gestuur het. Ek was so
demmmoooo met die rekenaar. Mar lyk my hy is nou reg. Nou stuur ek weer. Kyk net hoe mooi lyk die paving. En Ouma en Oupa sit oppie stoep

Oumi en Oupi oppie fietse


Ma kyk die twee wafferse motorfiets ryers. Oupa Deon stiek vir ouma brekfis by die Paris in de freestate. Ons wens so Odelia was hier. Sy hou so daarvan om saam met oupa Deon te ry.

Monday, October 6, 2008

Die Nuwe Kidergarten

Ek en Japie het dit goed gedink om Odélia en Annika te skuif van die Kindergarten in Taupo, na 'n nuwe Kindy in Tokoroa. Tokoroa is nader aan ons en daar is mammas in die omgewing wie se kinders ook hierheen gaan, en dan kan ons beurte maak met die ryery.

David Henry Kingergarten.

Die Kindy van voor.

Die Sandpit area is heeltemal toe met skadunet. Hulle is baie 'son skerm' bewus. Die kinders word in die somer nie buite toegelaat sonder 'n hoed en sonskerm nie.


Die klim en klouter apparaat buite.


Verf en plak stasie.

Kyk net hoe hang al die prente wat geskilder is die hele plek vol.


Deel van die binne speel area.

Die badkamer.


Pappa Japie help legkaarte optel met "tidy-up time".



Liedjies sing op die mat voor die mammas die kinders kom haal aan die einde van die dag.