Hi Boetie! Happy happy birthday! Ek hoop almal spoil jou vandag. Mis jou and love you lots!


Ons eerste middag in Raglan het ons blyplek gesoek en daarna die kinders bietjie na die lagoon toe gevat on tog net die sand bietjie te voel!
Odélia het hierdie kiekie van my en Japie geneem. Sy is nogal oulik met die kamera.
Odélia het natuurlik eerste begin skulpies optel.
Joanné.
Annika hardloop om haar "sheeshells" in pappa se sak te sit.
Die klompie het dit tot gewaag om bietjie voete nat te maak!
Dié een foto van Odélia het my vreeslik laat dink aan 'n foto van my toe ek klein was. Toe gaan grou ek bietjie, Die foto is al 'n bietjie verweer, maar daar is darem ietsie van haar mamma in haar.